‘n Retreat in ‘n Neutedop vir Vroue – Saterdag, 14 Mei 2022

Ons het nodig om weer in te leun na wie ons gegroei het gedurende die pandemie.
Deur middel van ‘n Emotion-Focused Mindfulness benadering gaan ons as siele-susters ons gevoelens en behoeftes herontdek, en saamvier! 
Ons gaan 4 half-uur aspekte van ons lewensreis in ‘n veilige spasie beleef, met quiche en wyn as padkos tussen-in.
Ons 4 temas behels:
Verlies (neem die volgende tree op jou pad na aanvaarding);
Vrese (praktiese hantering van stres en angs in uitdagende tye);
Verwonding (hantering van onreg wat ek moet verwerk); en
Verwondering en Vreugde (vier jou passie en waardes vir ‘n sinvolle dag-tot-dag toekoms…).
Ons verdien hierdie verantwoordelike self-sorg en self-deernis momente!
Hier is meer detail oor hierdie Neutedop Retreat